‘Askoop se genot verras’

Verrassings is volop by ‘n kunstefees, sommige meer aangenaam as ander. ‘Askoop’, ‘n produksie van die Fiësta-pryswenners Underground Dance Theatre val egter in eersgenoemde kategorie.

Al is dit as dansdrama aangedui oorheers sang in dié knap satiriese blik opp maatskaplike euwels.
In die dans word – van alle dinge – groot en klein winkeltrollies ingespan om te help belig, besin en bevraagteken.
Uitstekende verwerkings deur Bianca de Klerk word puik vertolk Grace Babalwa Nosilela, Bronwyn Reddy en De Klerk self.

‘n Treffende tweepas tussen Henk Opperman en Zama Sonjica sal ‘n mens nog lank bybly, nes Nosilela se astrante “Whatever Lola wants” en De Klerk se mooi “Kinders van die Wind”.

– Marina Griebenouw

No tags