‘Bok’ is ‘n surrealistiese fantasie

Vaslav Nijinsky het in 1912 opspraak verwek met sy ballet L’après-midi d’un faune vir die Ballets Russes in Parys, met Claude Debussy se eponieme werk as musiek. Die erotiese subteks het gehore van destyds geskok.

‘Bok’ is ‘n herbesinning van die oorspronklike ballet in ‘n Afrika konteks. In drie dele – “Man”, “Dier” en “Ritueel” – is dit ‘ n surrealistiese fantasie wat oop is tot vele interpretasies. Lewensfasette, verskillende kulture en die alledaagse kruis mekaar in ‘n viriele beweginsfees van die magiese en die beestelike, maar ook die broos menslike.

Die dansers is Kopano Maroga, Aviwe November, Henk Opperman en Nkosinathi Sangweni. Die choreografie is deur Kristina Johnstone, Cilna Katzke en Steven van Wyk.

– Willem Bester

No tags